Dertien is die eerste huis wat die vermaarde argitek Johann Slee vir homself en sy gesin ontwerp en gebou het – letterlik van begin tot einde.
Die argitek Johann Slee is bekend vir die kenmerkende woonhuise wat hy ontwerp, byvoorbeeld die Rooi Huis wat in die Phaidon Atlas of 21st Century World Architecture opgeneem is, of die Kliphuis wat hom in 2008 ’n merietetoekenning van SAIA besorg het. Albei is indrukwekkende kontemporêre strukture wat uit soliede vorms ontstaan het.